Colesberg





HSDA NETBAL

Ons sluit die kwartaal se netbal met ’n heerlike middag van netbal af met ons jaarlikse wedstryde teen Colesberg waar ons laer spanne ook ’n geleentheid kry om te speel.

Vyf van ons spanne het op Maandag, 23 Mei, op Colesberg gaan netbal speel en hul goed van hul taak gekwyt.

Die 0.15B-span is eerste aan die beurt teen Colesberg se 0.16B span.

Hul min wedstrydervaring ry hul spel in die wiele en alhoewel hul verbete terugveg verloor hulle ongelukkig.

Die 0.15A span kom te staan teen Colesberg se 0.16A span.

Hul slaag daarin om net-net die knoop deur te haak en te wen.

Die 0.14 span speel goeie netbal, maar die doele sukkel om akkuraat te doel.

Hul wen gelukkig 7-5.

Die 0.19B en C-spanne moet uithaler netbal speel teen Colesberg se A en B spane.

By tye is daar naels gekou met wedstryde wat redelik gelykop verloop het.

Ons C span wen naelskraap met 14-13.

Die B-span bly ’n kort kop voor, maar Colesberg haal telkens weer in en verklein die tellingsverskil.

Die HV speel egter kookwater netbal en verseker dat die bal telkens in Colesberg se doelsirkel onderskep word.

Sodoende word die oorwinning 17-12 verseker.