De Aar Titans





Vuurwarm netbal vir De Aar Titans

Op 11 Junie 2022 is daar vuurwarm dorpsnetbal op De Aar Wes Stadion se netbalbane gespeel.

Ondersteuners het langs die baan saamgedrom om die stryd waar te neem.

De Aar Titans en Carnarvon se spanne het hulle goed van hulle taak gekwyt.

Die eerste drie kwarte het De Aar Titans die spel oorheers en doele het gesink wat De Aar Titans die voortou laat neem het.

Skeidsregters Jeanie Koen en Riana Jonker moes omtrent hardloop om by te hou met die vinnige spel van onderskep en doele sink.

Die laaste kwart het die dames se asems bietjie opgeraak en Carnarvon het die Titans begin inhaal.

Na vasbyt en ‘n laaste poging het De Aar Titans die balle onderskep en bal besit behou, wat De Aar Titans ‘n wen laat beleef het van 14-11 teen Carnarvon.



Agter: Johandire Nel (Hulpafrigter), Sihle Wambi, Nadia Nel, Cherné Siljeur, Anganathi Mphale, Jeanette Erasmus,

Jeanie Koen (Afrigter), Thembisa Ngwalangwala, Lesley-Ann Casper, Cassidy van Syfer, Rosslyn Makoni.

Voor: Mary-Ann Tokwana, Karikè Bekker, Bibi Marais, Lynichia Swarts, Jeané Erasmus