Emthanjeni proewe





HSDA NETBAL

Met die terugkeer na normaal kon ons netbalspelers weer die seisoen aan proewe deelneem. Dit het goed gegaan met ons spelers in die eerste rondte Emthanjeni proewe en 18 meisies is gekies om aan die Pixley ka Seme proewe deel te neem.

Saterdag, 23 April, is daar met groot verwagting aangemeld, maar van netbal speel het daar nie veel gekom nie, want ons was net op dreef toe die reën dit onmoontlik maak om verder te kan speel.

Die proewe is toe uitgestel na die vierde Mei en op dié sonnige dag kon ons uiteindelik tot aksie oorgaan. Dertien van ons spelers is gekies om op Saterdag, 7 Mei, aan die Noord-Kaap proewe te gaan deelneem.

Saterdagoggend het elf van ons spelers aangemeld vir ’n lang dag van proewe waar spelers op twee posisies speelkans gekry het en die keurders deeglik besin het oor die spanne wat gekies is.

Twee van HSDA se spelers word gekies. Baie geluk aan Alexa Appolis 0.16 en Esona Mvenya 0.15 wat gedurende die Junie vakansie die Noord-Kaap by die All Ages toernooi gaan verteenwoordig.

Juf. Nadia Nel en Karike Bekker is ook aangewys as spanbestuurder en afrigter onderskeidelik van die 0.15 Diamantespan



Alexa Appolis 0.16 en Esona Mvenya 0.15



Juf. Nadia Nel en Karike Bekker