Middelburg





HSDA NETBAL

Soos gewoonlik was Woensdag, 20 Julie se jaarlikse netbal teen HS Middelburg ’n heerlike middag van sport en sportmangees. Al ses ons netbalspanne het die geleentheid gehad om te kan speel.

Die eerste netbalspan sukkel in die eerste kwart omdat hul plaasvervangers in die span het. Teen die tweede kwart het hul goed aangepas en met ’n groot terugvegpoging laat hulle Middelburg se voorsprong krimp. Beserings in die derde kwart eis agter hul tol en kan die span ongelukkig nie die knoop deurhaak nie.

Die 0.19B-span speel twee wedstryde. Hulle speel in ’n naelbytstryd teen HSM se tweede span en slaag daarin om gelykop te eindig. In hul tweede wedstryd teen HSM se 0.16A-span is die onsekerheid van samespel na die vakansie uitsorteer en wen hul oortuigend 20-8.

Ons 0.14 A en 0.15A speel uitstekend. Goeie verdediging is die spyker in Middelburg se doodskis en albei spanne wen.

Ons 0.19C –span neem van die begin van die wedstryd die leisels en oorheers geheel en al. Hul wen 14-3.

Ons 0.15B-span is net te klein teen hul 0.16B-span en hul verloor ongelukkig.



0.19 B netbal span