Pixley ka seme





HSDA NETBAL

Drie van HSDA se netbalspanne neem deel aan die Pixley ka seme – liga.

Op Donderdag, 12 Mei, skop die liga af met wedstryde tussen die drie Hoërskole in Emthanjeni wat aan die liga deelneem. Na ’n heerlike middag van netbal kon al drie spanne, 0.14, 0.15 en die 0.19 span met twee oorwinnings elk spog.

Die 0.19 span wen Hskool Orion 20-7 en vir Hskool Veritas 15-11. HSDA se 0.19B span speel ook twee vrienskaplike wedstryde teen opponente se 0.17 spanne. Hul wen ook albei wedstryde.

Die wenners uit die vyf streke in Pixley kom op Woensdag, 18 Mei teen mekaar te staan. HSDA se 0.19 –span speel in hul afdeling teen Hskool Douglas en Hskool Prieska. Hul slaag daarin om met goeie samespel en uitstekende verdediging albei die wedstryde te wen. Hiermee is hul dus die Pixley liga wenners in ons afdeling en dring deur na die Noord-Kaap Play offs in Upington op 22 en 23 Junie.

Ons 0.14 en 0.15 spanne het baie sterk komopetisie in hul afdelings. Die 0.14 span verloor albei hul wedstryde en die 0.15 span wen twee van hul vier wedstryde.



0.14A



0.15A