Prieska





NETBAL – 13-14 MEI 2022

Hoërskool De Aar se netbal speel 13 en 14 Mei weg teen Hskool Prieska. Die 0.19 en 0.15 B spanne het alreeds Vrydag vertrek.

Daar was goeie netbal gespeel en die kinders het die uitstappie baie geniet. Die 0.19B span het Vrydag net-net verloor teen Prieska se 0.16A span.

Die 0.14B span het ongelukkig teen Prieska se 0.14A span verloor.

Die koel Saterdagoggend het die meisies moeilik laat speel, maar hulle het gedurende die wedstryd warm geword en die 0.17A en 0.14 A span het ongelukkig verloor.

Die 0.19 A span het vuurwarm netbal gespeel en 35-15 gewen. Die 0.15A span speel dus die laaste rondte vir die dag en het ʼn naelbyt oorwinning van 14-13 gehad.

Ons is trots op hierdie spanne wat die skoolde naam hoog gehou het.