Vaalharts





Vrydag, 22 Junie, het vier van die Hoërskool De Aar se netbalspanne vertrek na Jan Kempdorp vir Interskole teen Vaalharts.

Teëspoed langs die pad en ’n lang dag kon nie die meisies kniehalter nie.

Die 0.15A-netbalspan sukkel in die eerste helfte, maar hulle byt vas en wen 16-4.

Die 0.17-span maak ’n paar onnodige foute, maar slaag ook daarin om 23-7 te wen.

Die eerste span speel ’n uitstekende wedstryd met minimale foute. Hulle stap weg met ’n sege van 23-10.

Die 0.14-span het ’n harde wedstryd gehad. In die tweede helfte gaan dit beter met minder foute, maar hulle kon ongelukkig nie daarin slaag om te wen nie.

Hierdie spanne is reg vir Hopetown dié week.



O.15A Netbal span wen 16-4