Boksburg





TOP SCHOOL NETBALL CHAMPIONSHIPS – BOKSBURG

HSDA se 0.17-netbalspan neem van 11-12 Augustus aan die “Top School Netball Championships” in Boksburg deel.

Hier speel die spanne uit elke provinsie wat in hul provinsie die liga gewen het.

SPUR het vanjaar die 0.17-toernooi geborg en spelers het elk ’n opwarmings t-hemp en middagete van hulle ontvang.

Hulle het ook ’n bydrae gemaak tot elke skool se onkostes om die toernooi te kan bywoon.

Ons span speel altesaam sewe wedstryde waarvan hulle drie wen en een gelykop gespeel het.

Die spelers het met elke wedstryd hul beste gegee en voluit tot die eindfluitjie geblaas het, gespeel.

As span het hulle baie goed saamgespeel en die spel om die doelsirkel was skitterend.

Baie goeie ervaring is opgedoen en dit was heerlik om die seisoen op die hoogtepunt af te sluit.



Antoné Menne, Alexa Appolis, Ro-Gracia Leeuskieter, Andanathi Magade, Xolelwa Bambiso, Asanda April, Esona Mvenya, Axola Mtati en Bobam Mama.