Colesberg





NETBAL TEEN COLESBERG

Woensdag, 3 Mei het HSDA se B- en C- netbalspanne teen HS Colesberg gespeel.

Ons spanne moet hul beste netbal speel om oorwinnings te verseker.

HSDA se 0.19B span wen 14-11.

Hul verdedigers speel uitstekend en draai telkens die bal in die opponente se doelsirkel.

Die 0.19C span wen 9-5.

Die twee doele speel baie goed saam en met die ondersteuning van die senter sorg hul vir die oorwinning.

HSDA se 0.15B span verloor ongelukkig.

Hul min wedstryd ervaring tel teen hulle, maar hulle speel, tot die eindfluitjie blaas, voluit.

Ons 0.14 B span wen 4-2.

Hul het aanvanklik gesukkel om aan die gang te kom, maar het in die tweede helfte hulle spel peil gelig en die oorwinning verseker.