Griekwaland-Wes





HSDA se O.14-A netbalspan wen die Griekwaland-Wes Kleinskole Liga!

Die naweek van die 5de Augustus was ‘n naweek propvol verskeie sportsoorte se liga finale.

Hoërskool De Aar se onder 14-A netbalspan het ons skool in Kimberley by Hoërskool Adamantia verteenwoordig.

Hulle het deelgeneem aan die Griekwaland-Wes Kleinskole Liga finaal waar Hoërskool De Aar teen Hoërskool Postmasburg in die finaal meeding.

Leerders het hul goed van hul taak gekwyt en het mooi hul kant gebring en elke fout wat gemaak is weer reggemaak.

Halftyd was die telling 7 – 5 in HSDA se guns.

HSDA oorrompel Postmasburg na halftyd en wen 12 – 9.

Hierdie onder 14 dogters bring dus ook die trofee vir die Griekwaland-Wes Kleinskole Liga huis toe.

Ons as Hoërskool De Aar is baie trots op een en elkeen van hulle wat deur die seisoen hard gewerk het.

Ons sien uit om verder met hulle in die volgende seisoen te werk.

Daar was ook ‘n vriendskaplike wedstryd teen die onder 14A netbalspan van Hoërskool Martin Oosthuizen op Kakamas gespeel.

Ons is baie trots op die dogters!



O.14-A Griekwaland-Wes Kleinskole Liga wenners.