Provinsiale uitspele





HSDA NETBAL

Gedurende die afgelope langnaweek het drie van ons netbalspanne in Upington aan die provinsiale uitspele gaan deelneem.

Hier kom die beste skoolspanne uit die vyf onderswysdistrikte in die Noord-Kaap teen mekaar te staan.

Ons 0.14 en 0.15 spanne begin reeds Vrydag speel.

Hul kan ongelukkig nie genoeg van hul poelwedstryde wen om na die kwartfinale deur te dring nie.

Van die 0.14 spelers kon Saterdag aan die Wintergames – proewe deelneem waar ’n Noord-Kaap span gekies is.

Baie geluk aan Yongama Qondani, Amber Makellie en Mivuyo Nqgabaza.

Ons 0.17 span speel eers Saterdag.

Hulle slaag daarin om albei hul poelwedstryde te wen.

Daarna speel hulle teen HS Douglas en wen 21-6.

Al die spelers het uitstekend verdedig en die doele kon daarin slaag om die balle wat die doelsirkel bereik in punte om te skakel.

Daarna speel hulle in die finaal teen HS Hartswater.

Dit was ’n gelykop stryd met die halftydtelling 5 elk.

Hul verdedigers het ons spelers in die doelderde laat les opsê.

Na halftyd werp hulle alles in die stryd en slaag hulle daarin om die opponente te uit oorlê en wen 16-12.



0.17 Netbalspan:

Agter: Rograsha Leeuskieter, Andanathi Magade, Esona Mvenya, Bobam Mama, Juffrou Jeanie Koen - afrigter, Axola Mtati, Asanda April,

Voor: Alexa Appolis, Antoné Menne, Xolelwa Bambiso



Die volgende o.14-netbalspelers gaan 3 tot 7 Julie aan die Noord-Kaap "Winter Games" in Benoni deelneem.

Mivuyo Ngxabaza, Yongama Qondani, Amber Makellie

Ons is trots op die drie Arende!



Alexa Appolis - 0.17



Andanathi Magade - 0.17



Antoné Menne - 0.17