Upington





HSDA Netbal speel by sportdag

DE AAR – Hoërskool De Aar se o/16 Netbalspan het die afgelope naweek aan Hoërskool Upington se sportdag deelgeneem.

Vrydag het die uiterste hitte en die langpad sy tol geëis en die span het gesukkel om die vinnige wedstryd teen Hoërskool Upington vol te hou.

Halftyd was hulle nog met net een doel agter, maar daarna kan hulle net nie die aanval die hoof bied nie.

Saterdagoggend speel hulle nog twee wedstryde en gaan dit sommer baie beter.

Hulle slaag daarin om Springbok se o/16 span met 10 - 8 te wen.

Die hulpdoel se akkurate doele in die tweede helfde verseker die oorwinning.

In hulle wedstryd teen Hoërskool Upington se o/19C span neem hulle van die begin af die voortou en wen oortuigend 19 - 18.

Dit was ’n goeie begin vir die seisoen en die ondervinding opgedoen sal help met die eerste liga wedstryde wat op Saterdag, 4 Maart teen Adamantia by die Karoofees gespeel word.