2024 Adamantia





HSDA NETBAL

Saterdag 20 April se vroeg opstaan om die bus om 04:00 te haal is beloon!

‘n Suksesvolle netbaldag teen HS Adamantia het gewys dat ons spanne se harde werk gedurende die week die moeite werd was.

Al vyf spanne tree as oorwinnaars uit die stryd. Samespel was goed en spangees het gegroei.

Die eerste span se spelpeil het baie gelig, die verdedigers en doele het uitstekende netbal gespeel en hul wen oortuigend.

Met elke wedstryd groei die 0.14-span se selfvertroue en speel hul al beter saam.

Hul tree met ‘n oorwinning van 16 – 4 uit die stryd.

Baie geluk aan al die spelers en afrigters.



Eerstespan wen Adamantia 41 - 19



o.14A wen Adamantia 16-4



o.15A wen Adamantia 19-3



o.15B wins Adamantia 10-2