2024 Afrigtingskursus





HSDA-netbal op afrigtingskursus.

Hoƫrskool De Aar se o.14A- en o.15A-netbalspanne het op 19 en 20 Maart na Elandsrus, 'n gasteplaas naby Drie Susters gegaan vir 'n afrigtingskursus.

Die kursus is aangebied deur Patrys van der Merwe. Patrys van der Merwe is 'n voormalige Protea-netbalspeelster en het baie kennis van aanval, verdediging en spelpatrone met die leerders gedeel.

Sy het hulle nie net op die netbalbaan geakkommodeer nie, maar almal was ook bederf met heerlike kos en spanbouspeletjies.

Die leerders het baie geleer by haar en het elke oomblik op die plaas geniet, van swem tot rokke uit koerantpapier en blare fabriseer.

Ons sien baie uit vir die res van die seisoen om te sien hoe hierdie afrigtingskursus ons leerders se vaardighede sal verbeter en versterk.