Uppies-Sportdag





Netbalverslag: Uppies-Sportdag - 24 Februarie 2024

Op Vrydag, 23 Februarie, vertrek 16 van Hoërskool De Aar se netbalspelers na Upington om aan hul sportdag deel te neem.

Beide die spanne was gretig om op die baan te gaan en om die netbalseisoen te begin en vaar baie goed teen die ander skole.

Die o.14A-span speel twee wedstryde teen verskillende spanne van Hoërskool Upington en een teen Hoërskool Kalahari.

Die hitte kry nie die spelers onder nie, en hulle vaar uitstekend en wen al drie hierdie wedstryde.

Die o.15A-span speel ook drie wedstryde onderskeidelik teen Hoërskool Upington en Duineveld.

Hulle werk baie goed saam en slaag daarin om twee van hulle drie wedstryde te wen.

Die doele werk baie goed saam en die verdedigende kant het bewys dat hulle nie katjies is wat sonder handskoene aangevat moet word nie.

Wanneer ‘n seisoen so afskop, kan dit net goed gaan, die res van die netbalseisoen.



0.14 Netbal



0.15 Netbal