HSDA Blitze 7's





De Aar het die afgelope naweek saam met H/skool Vaalharts gekombineer en ʼn span gevorm. Saterdag 31 Augustus het die seuns op Douglas aan ʼn 7’s toernooi deelgeneem wat ook as provinisiale proewe gedien het. Daar is 2 wedstryde gespeel waar hulle die eerste een gelykop teen H/skool Namakwaland speel en die tweede wedstryd teen HS Douglas uitnodigin verloor. Een van HSDA se seuns THandile Allie is opgeneem en sal aan die laaste rondte proewe deelneem waar hul teen Vrystaat en Griffons sal speel.