Half-Eind Rondtes



Al drie HSDSA se rugbyspanne kwalifiseer vir die mediumskole liga eindstryde. Uit die 15 skole in die gekombineerde klein en medium skole liga is HSDA die enigste skool wat kan spog met drie spanne in die finale.

Die onderskeie span kapteine: Waldrin Louw 0/kaptein 0.17; Milly-Van Samson 0/kaptein 0.15, Giovanni Makaleni 0/kaptein 0.19 JP Senekal 0.15 kaptein; Jeandré Rust 0.17 kaptein, Mouritz Erasmus 0.19 kaptein.

HSDA RUGBY SPANNE DOMINEER HALF-EINDRONDTES

Op Saterdag 3 Augustus het HSDA se 0.15, 0.17 en Eerste rugbyspanne aan die Noord-Kaap mediumskole half-eindrondtes deelgeneem. Al drie spanne het bo-aan hul onderskeie groepe geëindig en dus teen Hoërskool Kathu gespeel.

0.15

In ʼn baie gelykop wedstryd het Kathu eerste punte aangeteken. HSDA veg egter goed terug en is teen rustyd 12-10 voor. Tydens die tweede helfte ry die telling wipplank en met etlike sekondes oor druk HSDA die wendrie. HSDA wen die wedstryd 26-22 en kom in die finaal teen Hoërskool Hartswater te staan.

0.17

HSDA se onder 17 rugbyspan domineer alle fasette tydens hulle wedstryd teen Kathu. Rustyd is HSDA reeds 12-0 voor. Goeie balverspreiding en verdediging besorg aan HSDA ʼn oortuigende 31-0 oorwinning. Hulle kom teen Hoërskool Vaalharts te staan in die finaal.

Eerste span

HSDA het net te veel skietgoed gehad vir Kathu. HSDA speel skitter rugby en is teen rustyd reeds 33-0 voor. Kathu veg goed terug tydens die tweede helfte, maar kon nie vir HSDA stuit nie. HSDA wen die wedstryd 40-12 en kom in die eindstryd teen Hoërskool Hopetown te staan.