Medium Skole Liga



HSDA Rugby kraai koning

Al drie hsda se rugbyspanne vaar uitstekend in die medium skole liga. Al die spanne eindig eerste in hul groepe en kwalifiseer dus vir die uitspeelrondtes. Hierdie is ʼn besonderse prestasie.

Al drie spanne se kapteine:

Waldrin Louw onder kaptein 0.17, Jeandré Rust kaptein 0.17, Milly-van Samson onder kaptein 0.15, JP Senekal Afwesig 0.15 kaptein, Mouritz Erasmus 0.19 Kaptein, Giovanni Makalenie 0.19 onderkaptein

HSDA 0.17 RUGBY

Saterdag, 27 Julie het HSDA teen Kimberley Boys High op De Aar gespeel. Hierdie was die laaste liga-wedstryd van die seisoen. Die wedstryd was vol onderbrekings, HSDA het gesukkel om aan die gang te kom. Onnodige foute het veroorsaak dat menigte kanse verbrou is. Die rustyd telling was 7-0 in HSDA se guns. Tydens die tweede helfte het HSDA beter gespeel en onnodige foute verminder. HSDA wen die wedstryd 26-0.

HSDA se onder – 17 span wen al 7 hul liga-wedstryde en eindig eerste in hul afdeling. Die span kwalifiseer ook dus vir die uitspeelrondtes. Die span sien baie uit na die volgende wedstryd.

HSDA RUGBY

HSDA se eerste rugbyspan het op 27 Julie hulle laaste liga-wedstryd teen Kimberley Boys High gespeel. Dit was ʼn baie harde wedstryd in die eerste helfte van die wedstryd het die telling wipplank gery. HSDA het halftyd 20-10 voorgeloop.

Altwee spanne het gesukkel om aan die gang te kom, maar net na rustyd is daar een drie deur HSDA gedruk. HSDA wen die wedstryd 27-10 en eindig eerste in hulle afdeling die seisoen.

Drieë:

  • Mouritz Erasmus 3
  • Corné Kivido 1
  • Cullen Collins 1

Doelskop – Mauritz Erasmus 1/5

RUGBY 0.15

HSDA se 0.15-rugbyspan het ook Saterdag teen Kimberley Boys High koppe gestamp. Dit was ʼn harde wedstryd tussen die twee spanne. De Aar kon die stadseuns met die kous oor die kop huis toe stuur. HSDA wen 37-12.