Rugby teen Cradock





HSDA ONDER 16 RUGBY

Op Saterdag, 27 April het HSDA se onder 16-rugbyspan teen Hskool Cradock op Cradock gespeel. Hierdie wedstryd was deel van die jaarlikse interskole. HSDA het van die afskop af die wedstryd beheer en hul stempel behoorlik afgedruk op die span van Cradock. Agsteman en kaptein Jeandré Rust het die verdediging behoorlik besig gehou met sy stormlopies. HSDA was teen rustyd 10-0 voor.

Tydens die tweede helfte het HSDA hul foute van die eerste helfte uitgeskakel en kon hul nog drie drieë druk. Binne-senter en onderkaptein Wally Louw het ook baie, vrae van die Cradock verdediging gevra. HSDA wen die wedstryd 29-0.





HSDA ONDER 19B RUGBY

Die 0.19B span het ook teen Hoërskool Cradock kragte gemeet. Hierdie span word spesiaal vir interskole geskep aangesien geen ander skool in ons liga ʼn onder 19B-span het nie.

Hierdie was ʼn baie harde en fisiese wedstryd met beide spanne wat ʼn punt wou bewys. Cradock ruik eerste, bloed en neem vroeg die voortou met 7-0 HSDA veg egter goed terug en is teen rustyd 12-7 voor.

Die tweede helfte was baie gelykop, maar aan die einde was HSDA te sterk vir Cradock en wen die wedstryd 19-14. HSDA se kaptein Avumile Jacobs het met voorbeeld gelei en die senterpaar, Musa Tulony en Lorenzo Swarts, verdien om hul name in die koerant genoem te hê vir puik spel.





0.15 RUGBY

Die afgelope naweek het 0.15 A en B spanne aan die interskole op Cradock deelgeneem. Ons kon ongelukkig nie daarin slaag om te wen nie, maar die wedstryd was beter as van ons vorige wedstryde en ons bou daarop om goeie rugby in die toekoms te speel.





1ste Rugbyspan

Op Saterdag 27 April 2019 was HSDA se jaarlikse interskole teen Hoërskool Cradock in Cradock. Die seuns het baie uitgesien na die wedstryd, omdat dit baie van hulle se laaste interskole wedstryd sou wees. Die eerste helfte was `n opdraande stryd, want Hoërskool Cradock het van die begin af gedomineer. Hulle was heeltyd op die aanval en na 20 minute het Hoërskool Cradock 15-0 voorgeloop. HSDA het goed teruggeveg in die wedstryd met twee vinnige drieë net voor halftyd. Die telling was 15 14 steeds in Hoërskool Cradock se guns.

HSDA het van die afskop vanaf die afskop van die tweede helfte gewys dat hulle die wedstryd wil wen. HSDA het met goeie aanvallende rugby die oorhand in die wedstryd gekry. Die hantering en verspreiding van die span was uitstekend en hulle het kort-kort agter Hoërskool Cradock se doellyn gaan kuier. `n Goeie terugvegpoging van HSDA het hulle die wedstryd laat wen met 38 – 20. Ons is trots op die span wat nooit in die wedstryd opgegee het nie.

Puntemakers:

Drieë is gedruk deur:

  • Mouritz Erasmus (4)
  • Goivanni Makaleni (1)
  • Nasiphi Yekani (1)

Doelskoppe:

  • Mouritz Erasmus (4/6)


HSDA LEERDERS ONDERSTEUN DIE EERSTE RUGBYSPAN TYDENS HUL OORWINNING OOR CRADOCK DIE AFGELOPE NAWEEK



Die eerste rugbyspan van HSDA, die skoolhoof Mnr Johan Koen en Novels Me. HSDA Aldinay Cloete voor die eerstespan wedstryd teen Cradock eerste span



DIE EERSTE RUGBYSPAN VAN HSDA BY DIE TELBORD SAAM MET HUL AFRIGTERS AFGENEEM.