Rugby teen Douglas



Saterdag, 4 Mei het die eerste rugbyspan van Hoërskool De Aar kragte teen ‘n goeie afgeronde span van Hoërskool Douglas, in Douglas, gemeet. Die tempo binne die eerste 20 minute was baie stadig en beide spanne het hul voelers eers uitgesteek en punte het maar stadig op die telbord verskyn. Beide spanne het later die tempo begin optel en die wedstryd het begin struktuur kry en balhantering was uitermatig goed.

HSDA het die tempo beter handhaaf en die wedstryd begin domineer deur die balbesit te hou en het so ook goeie afronding getoon. Die eindtelling was 38 – 10 in Hoërskool De Aar se guns.

Drieë:

  • Bernard Venter (x2),
  • Mouritz Erasmus,
  • Caydall Lourens,
  • Clint Isaacs en
  • Enrique Bezuidenhout.

Doelskoppe:

  • Mouritz Erasmus (x4)


Saterdag 4 Mei het HSDA se onder 17 rugbyspan teen Hoërskool Douglas op Douglas gespeel. HSDA het alle fasette van die wedstryd beheer en was teen rustyd reeds 20-0 voor. HSDA se voor- en agterspelers het uitstekend saamgespeel. Goeie dissipline is deur die span gehandhaaf en baie foute uit vorige wedstryde is reggestel. HSDA wen die wedstryd oortuigend 49-0. Heelagter, Thando Booysen en vleuel, Clement van Syfer, druk elk twee drieë.



HSDA se 0.15 seuns het ook die afgelope naweek teen Hoërskool Douglas kragte gemeet. HSDA het met mening na die afskop van die wedstryd gespeel en sommer gou was HSDA agter 12-0. Die seuns het deur die druk gewerk en puik teruggeveg en beklink die stryd 26-19. Kyk uit vir ons volgende telling teen Wildeklawer die komende Saterdag, 11 Mei 2019.