Rugby teen Wildeklawer





Rugby 1ste span

HSDA het op Saterdag 11 Mei 2019 teen Wildeklawer gespeel in Kimberley.

HSDA was van vroeg af onderdruk in die wedstryd en Wildeklawer het vroeg in die wedstryd 3-0 voorgeloop.

HSDA het goed terug geveg en met goeie verspreiding en hantering was die halftyd telling 24 – 3 in HSDA se guns.

Wildeklawer het die 2de helfte baie goed aangeval en vinnig agter die doellyn gaan kuier.

HSDA het besluit dit is die laaste keer dat Wildeklawer punte aanteken en na dit baie goed begin aanval.

HSDA het goed as `n span saam gespeel en met goeie hardloop rugby klop HSDA Wildeklawer met 59-10.

Puntemakers:

Drieë is gedruk deur:

Mouritz Erasmus (3)

Goivanni Makaleni (2)

Lufefe Tshangela (2)

Bernard Venter (1)

Otto Wilson (1)

Doelskoppe:

Mouritz Erasmus (7/9)



1ste span rugby: HSDA wen Wildeklawer met 59-10.





HSDA ONDER 17 RUGBY

Saterdag 11 Mei het HSDA se onder 17-rugbyspan teen Wildeklawer in Kimberley kragte gemeet.

Met ʼn gelukkige bons van die bal teken Wildeklawer eerste punte aan en onderbreek HSDA se styl van spel.

HSDA se span bly egter positief en pas by die wedstryd aan.

Na ʼn goeie oorstootdrie draai die momentum na HSDA se kant toe.

HSDA beheer die res van die wedstryd met goeie, gestruktureerde rugby en puik samespel tussen voor en agterspelers.

HSDA wen die wedstryd 33-12.

Hierdie span is tans onoorwonne hierdie jaar en wen 7 uit 7 wedstryde. Hulle sien uit na die res van die seisoen en ons verwag groot dinge van hulle.



0.17 rugby : HSDA wen die wedstryd 33-12.