Rugby Toer Jeffreysbaai





HSDA eerstespan rugbytoer na Jeffreysbaai.

Vanaf 14 tot 18 Maart het Hoërskool De Aar se eerstespan rugby aan die “Grow rugby “toernooi in Jeffreysbaai gaan deelneem. Die spelers was baie entoesiasties en het baie uitgesien om bietjie tyd langs die see te spandeer. Met die hoofdoel om rugby te speel, natuurlik!

HSDA het drie wedstryde op die toernooi gespeel en het ongelukkig slegs een van die drie wedstryde gewen.

Die span het met tye goeie spel ten toon gestel. Hulle het tydens die toer baie van mekaar geleer en ook baie van hulself. Die toer was baie vrugtevol en het baie gehelp om die struktuur en dinamika binne die span te vorm. Aan die einde van die toernooi was Bernard Venter, Mouritz Erasmus en Christie Venter gekies vir die “Grow 23” span wat in Julie teen oorsese skole gaan meeding.

Dankie aan al die ouers wat ons kom ondersteun het tydens die toer asook diegene wat dit kon moontlik maak.



3 HSDA leerders is tydens die afgelope rugbytoernooi in Jeffreysbaai gekies vir die "Grow" span wat teen oorsese spanne later in die jaar gaan kompeteer.

Mauritz Erasmus, Christie Venter, Bernard Venter



HSDA eerste rugbyspan in aksie tydens hul Toernooi in Jeffreysbaai die afgelope vakansie



HSDA eerste rugbyspan in aksie tydens hul Toernooi in Jeffreysbaai die afgelope vakansie