2021 Rugby teen Hoërskool Colesberg





HSDA RUGBY

Op Donderdag 13 Mei het HSDA se 0.15-rugbyspan teen Hoërskool Colesberg op Colesberg gespeel.

HSDA het vroeg in die wedstryd ʼn drie gedruk en was 5-0 voor. Colesberg het teruggeveg en voor rustyd ʼn strafdrie ontvang.

Tydens die tweede helfte het albei spanne aanvallende rugby gespeel, maar nie een kon afrond nie.

HSDA verloor ongelukkig die wedstryd 7-5.

Eerste rugbyspan

Donderdag 13 Mei het HSDA se eerste rugbyspan teen Hoërskool Colesberg op Colesberg gespeel.

HSDA het alle fasette van die wedstryd beheer en was teen rustyd reeds 21-0 voor.

Tydens die tweede helfte het Colesberg goed teruggeveg, maar kon nie punte aanteken nie.

HSDA se voorspelers domineer die wedstryd en die agterspelers speel opwindende rugby.

HSDA neem die oorhand en wen die wedstryd 40-0.



0.15 Rugbyspan verloor 7-5



Eerstespan Wen Colesberg 40-0