2021 Sportdag teen Hoërskool Cradock





RUGBY 0.15-RUGBYSPAN

HSDA se 0/15 rugbyspan het op 8 Mei teen Hoërskool Cradock gespeel.

HSDA was van die begin af onder groot druk deur Cradock geplaas.

Die span het mooi teruggeveg en die rustyd telling was 17-7 in Cradock se guns.

Die wedstryd het in die tweede helfte wipplank gery en HSDA verloor ongelukkig die wedstryd teen Hoërskool Cradock

EERSTE RUGBYSPAN

HSDA se eerste rugbyspan het die afgelope Saterdag hul eerste wedstryd in oor die 400 dae teen Hoërskool Cradock gespeel.

HSDA het puik rugby gespeel en alhoewel daar nog areas is om te verbeter, kan baie positiewe aspekte uit die wedstryd geneem word.

HSDA was teen rustyd met ʼn telling van 7-3 voor.

Tydens die tweede helfte het Cradock goed teruggeveg, maar HSDA druk deur en wen die wedstryd met ʼn telling van 14-3.



HSDA SE EERSTE RUGBY EN NETBALSPAN

Albei het Saterdag gewen in hul eerste wedstryd teen Hoërskool Cradock.