2021 Rugby reeks 7’s





HSDA 0.15 RUGBY

HSDA het op Saterdag 11 September aan Hoërskool Hopetown se 7’s toernooi deelgeneem.

Dit was die eerste keer wat die spelers aan die formaat deelneem.

HSDA wen hulle drie wedstryde as volg:

HSDA 21-0 Hoërskool Martin Oosthuizen

HSDA 24-10 Hoërskool Hopetown

HSDA 21-7 WILDEKLAWER

HSDA speel in die finaal teen Hoërskool Martin Oosthuizen en speel 22 gelykop.

Daar word ekstra tyd gespeel van 5 minute ‘n helfte.

Albei spanne se seuns was baie moeg en HSDA veg hard vir ‘n oorwinning van 17-0 in ekstra tyd.

HSDA wen die eerste rondte van die reeks 7’s wat volgende naweek op Hopetown voortduur.



HSDA wen die eerste rondte van die Rugby reeks 7’s