2022 Boys High Kimberley





0.15 RUGBY teen BOYS HIGH

Die 0.15rugbyspan het die naweek teen Boys High in Kimberley gespeel.

Dit was ’n mooi wedstryd en De Aar kon die wedstryd met 52-7 wen.

Baie sterkte aan die manne wat die komende naweek aan die semi-finale gaan deelneem.

0.17 RUGBY TEEN KIMBERLEY BOYS HIGH

Die 0.17-rugbyspan van HSDA het Saterdag 30 Julie 2022 teen Kimberley Boys High gespeel.

Die eerste tien minute van die wedstryd was soos om ’n fliek te kyk in ’n taal wat jy nie verstaan nie.

’Jy kan sien wat aangaan, maar verstaan nie hoe dit gebeur het nie.

Wat ek eintlik wil sê is hulle het gesukkel om aan die gang te kom.

Die ys was gebreek deur Azazole Mbedla met ’n baie goeie lyn wat die verdedigingslyn gebreek het soos ’n warm mes deur botter.

Na die ys gebreek was, het die spelers baie vinnig begin fokus en die westrydplan goed uitgevoer om die wedstryd te wen 32-5.

Daar was oor die algemeen baie mooi spel deur die loop van die dag en die seuns het dit baie geniet.

0.19 RUGBY TEEN KIMBERLEY BOYS HIGH

HSDA se eerste rugbyspan het Saterdag, 30 Augustus teen Kimberley Boys High gespeel.

HSDA het vroeg in die wedstryd besluit om die wedstryd te domineer en in die eerste tien minute twee drieë ingepalm.

Negatiewe spel en ’n rooikaart kon nie vir HSDA stop nie en hulle het halftyd 29-7 voorgeloop.

HSDA het die tweede helfte met goeie rugby gedomineer en slaag daarin om die wedstryd 58-17 te wen.

Ons is baie trots op die span wat deurdring tot die semi-finale.



0.15 wen 52-7



0.17 wen 32-5



0.19 wen 58-17