2022 Rugby teen Hoërskool Vaalharts





0.19 RUGBY

HSDA se eerstespan het Saterdag, 23 Julie teen Hoërskool Vaalharts gespeel.

HSDA het vroeg in die eerste helfte bloed geruik en kon lank in die wedstryd 7-0 voorloop.

HSV het net voor halftyd punte aangeteken, maar HSDA was steeds 7-5 voor.

Albei spanne het baie kanse in die tweede helfte verbrou. HSV het met twee vinnige drieë die voortou geneem.

HSDA het met goeie aanvallende rugby alles probeer, maar verloor ongelukkig 17-14.

0.17 RUGBY

Die 0.17-rugbyspan van HSDA het ook die afgelope naweek teen die ywerige 0.17 rugbyspan van Vaalharts kragte gemeet.

Dit was ʼn tawwe wedstryd met die vakansie agter die rug.

Deur goeie druk toe te pas het die span kop gehou en ʼn strafskop voor die pale forseer.

Luhle Moses het seker gemaak dat hy die strafskop oorskop om sodoende die wedstryd met 22-19 te wen.

Azazole was een van die uitblinkers wat twee drieë gedruk het.

0.15 RUGBY

Met hoë opwinding vir interskole reis ons na Vaalharts, met bietjie busprobleme wat ons probeer kniehalter, speel die seuns hul harte uit en wen 22-17.

Dit plaas ons in die tweede posisie op die punte leer.

Ons sien uit na die volgende wedstryde.



0.15A wen 22-17