2023 Rugby Seisoen





Die Jong Arende sweef sukssevol deur die 2023 rugby seisoen.

HSDA se 0.15 A- rugbyspan bereik nuwe hoogtes in die 2023 rugby seisoen.

Die span het HSDA by verskeie toernooie met eer verteenwoordig.

In Maart maand is hierdie leerders gekroon as die eerste 0.15 – “Grow”-rugby toernooi wenners en daarna wen hul ook die Griekwaland-Wes mediumskole – beker teen Hartswater.

Hierdie sege dring die 0.15’s deur tot die Kovsie-liga semifinale teen St. Andrews van Bloemfontein.

Hier wys die span weer hul staal en wen 29-12.

Hul harde werk word verder beloon in die Kovsie finale teen Suid-Vrystaat se landbou reus, Bultfontein.

Ook hier bewys hulle hul besonderse talente en konsentrasie.

Met ʼn telling van 14-7 word hulle as die beste 0.15-rugbyspan op mediumskole – vlak, in die sentrale Kovsie liga (Griekwas, Vrystaat en Griffons) aangewys.

Ons is uiters trots op hierdie jong Arende en hul afrigters.

Ons glo dat hierdie seuns nog groot hoogtes gaan bereik!



Mnr. Chadley Meyer: afrigter van HSDA se 0.15A rugbyspan, is as deel van die Afrigtingspan van die GW 0.17 sewes span wat vanaf 1 – 3 Oktober by Grey Kollege deelneem.



Kovsie liga wenners: 0.15A Rugbyspan



Kovsie liga wenners: 0.15A Rugbyspan



JPS leerders het die afgelope Vrydag vir HSDA se 0.15A rugbyspan kom sterkte toe wens vir Saterdag se Kovsie finaal.



HSDA was baie beïndruk met die besoek van JPS se 0.9 A spannetjie en LDA se 0.13A span wat vir hul sterkte kom toewens het vir hul oorwinning die afgelope Saterdag.



Die 0.15 rugbyspan het die afgelope naweek saam met hul afrigters die wedstryd van die Cheetahs teen die Western force - Toyota challenge gaan kyk.