2024 Herotel Borg





Herotel belê in Hoërskool De Aar

Die eerste span rugbyseuns van Hoërskool De Aar spog met splinternuwe rugbytruie, danksy die ondersteuning van ons borg, Herotel.

Die belegging van Herotel in hierdie span word opreg waardeer en toon hul geloof in die potensiaal van die spelers.

Met die nuwe truie glo ons dat hierdie span heelwat oorwinnings gaan behaal.

Die span vertrek vandag na Jeffreysbaai waar hulle aan die GROW-toernooi gaan deelneem.

Ons wens hulle sterkte toe en weet hulle gaan met trots hul nuwe truie dra.



V.l.n.r: A Maneveldt , R Boshoff , T Mphulanyana, T Quest , L van Wyk , J Koen



Die eerste rugbyspan en hul afrigters: Mnre. Lance van Wyk en Rudi Boshoff