2024 Kimberley Boys High





RUGBY

Die rugbyspanne van Hoërskool De Aar het die afgelope naweek teen Kimberley Boys High kragte gemeet.

Die dag was snikheet (40grade) dus was dit baie moeilik vir spanne om aan die gang te kom.

Die wedstryde was ‘n goeie leerskool as gevolg van die weersomstandighede waarin dit plaasgevind het.

Die spelers se dissipline was besonders en met die nuwe "tackle height rule" wat begin van die jaar ingetree het, was spelers goed voorberei en het baie mooi binne die perke van die reël hul duikslae uitgevoer.

HSDA is baie trots op een en elk van die spelers.

Die tellings is as volg:

O.15B verloor 19-7

O.15A wen 55-7

O.17's wen 41 - 0

Eerste span wen 58-5



Eerste Span



O.17 Span



O.15 A Span