2024 Sentraal Beaufort West





HSDA-rugby skitter tydens Karoofees!

Hoërskool De Aar se rugbyspanne het die afgelope naweek teen Sentraal, Baeufort West, kragte gemeet.

Dit was ontsettend warm en skeidsregters het geleentheid gemaak vir waterbreuke. Dit was ook die eerste wedstryde vir die seisoen.

Die o.15B-span het met min voorbereiding oomblikke van briljantheid gehad, maar ongelukkig nie die mas opgekom nie en verloor 29 – 12.

Die o.15A-span het hul staal gewys en die wedstryd gemaklik 26 – 12 gewen.

Die o.17-rugby was eenvoudig net te sterk vir die span van Baeufort West en het hulle met 56 teenoor 0 oorrompel.

Die eerste span van HSDA het goed begin en goed geëindig. Hulle wen Sentraal 44 – 7.

Arend groete.



Rugby eerstespan wen Sentraal Beaufort Wes 44 -7



Rugby o.17 wen Sentraal



Rugby o.15A wen 26 - 12