Hopetown



HSDA se tennisspan het die eerste kwartaal van 2020 afgeskop met ʼn wedstryd teen H/skool Hopetown op Hopetown. Daar is aan enkels, dubbels- en gemengde dubbelwedstryde deelgeneem. Almal was nog geroes na die lang vakansie, maar HSDA kon daarin slaag om Hopetown net-net te wen.

Soos oudergewoonte het ʼn klomp van HSDA se tennisspelers weer aan die jaarlikse Noord-Kaap Tennisproewe deelgeneem. Die proewe het hierdie jaar vanaf 23 tot 25 Januarie plaasgevind. Die kompetisie was baie straf, maar nogtans het HSDA se tennisspelers hul goed van hul taak gekwyt en net hul beste gegee. Die uitslae van die proewe sal later bekend gemaak word.

HSDA sien uit na die res van die tennis seisoen aangesien daar nog vele wedstryde is teen groot skole.