HSDA TENNIS TEEN HOPETOWN





Donderdag, 11 Augustus 2022 het HSDA se tennisspelers die pad na Hopetown gevat vir hul eerste tenniswedstryde van die kwartaal.

Daar het ’n goeie geeds en opgewondenheid onder die spelers geheers, aangesien hulle lanklaas ’n wedstryd gespeel het.

Baie van die eerste kwartaal se tennis moes gekanselleer word a.g.v abnormale reën wat geval het.

Dit het nie soos ons verwag het gegaan nie, maar ons was dankbaar dat ons kon speel.

HSDA verloor hul enkelwedstryde; die dogters verloor hul dubbels, maar die seuns wen hul dubbels en in die gemengde wedstryde speel ons gelykop.