✝️

Christelike Studente Vereniging

Glo • Groei • Dien

"Want God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat almal wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê." - Johannes 3:16

Ons Visie

By Hoërskool De Aar is ons Christelike Studie Vorming (CSV) program die hart van ons geestelike vorming. Ons strewe daarna om leerders te vorm wat nie net akademies uitblink nie, maar ook sterk Christelike waardes uitleef.

Deur Bybelstudie, gebed, en praktiese geloofstoepassing, berei ons ons leerders voor om ligte in die wêreld te wees en 'n positiewe impak in hul gemeenskappe te maak.

Ons Aktiwiteite

Geloof in aksie

Cansa 2026

🎀 Hoërskool De Aar vier Madibadag 🎀

Die afgelope week het Hoërskool De Aar se CSV Madibadag gevier ten bate van CANSA. Die gemeenskap het mooi gereageer en deelgeneem aan die 67 minute se stap, draf, fietsry of sommer kuier om en om die sportvelde. Die boodskap van die dag was: "Doen aan ander soos jy graag aan jouself gedoen wil hê." Dit is dalk 'n bekende uitdrukking, maar steeds só waar! Die snoepie het almal tussendeur met heerlike verversings bederf, terwyl vrolike musiek die meters sommer korter laat voel het. Alle fondse wat ingesamel is, is aan CANSA geskenk. Ons opregte meegevoel gaan uit aan elke persoon en familie wat die pad met kanker stap. Julle is in ons gedagtes en gebede. Hoërskool De Aar gee om! 💕

Worship Service

🌍 96ste Wêreldbiddag vir Vroue 🙏

HSDA het vandag die hoofde gebuig en saam met die res van die wêreld gebid tydens die 96ste Wêreldbiddag vir Vroue.

Worship Service

HSDA HOU ‘n WORSHIPAAND

HSDA se CSV het die jaar met ‘n sangaand waarby Dewald Gouws opgetree het, afgeskop. Wat ‘n vrolike en inspirerende manier om die jaar toe te wy aan ons Hemelse Vader en saam te sing?! Die wie daar was het dit geniet en is betekenisvol geraak. Harte is geroer en bemoedig. Dewald het van sy eie liedere gesing, getuienis gedeel en ook alombekende treffers gesing, wat almal kon saamsing. Op versoek van die gehoor het ons die aand met, ‘n HSDA-gunsteling: Waymaker, afgesluit! Ons is dankbaar vir anonieme CSV-donateurs, wat sulke geleenthede moontlik maak. Die CSV het ‘n aktiewe rol in HSDA. Ons voed liggaam, siel en gees en is dankbaar vir die voorreg om die tieners op vele maniere te kan ondersteun. Ons versprei onder andere koshappies, skoolklere, skryfbehoeftes en toiletware, waar nodig. Ons is dankbaar om ruim harte en hande te hê wie ons ondersteun skyfies tot appels, van skoolklere skenkings tot skryfbehoefte pakkies en toebroodjies. Opregte dank aan u elk!

"Maar wie in die Here hoop, kry nuwe krag: hulle vat vlerk soos arends, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie." - Jesaja 40:31

Ons Kernwaardes

Gefundeer in die Woord

❤️

Liefde

Ons leer leerders om God en mekaar onvoorwaardelik lief te hê, soos Christus ons liefhet.

🙏

Gebed

Gebed is die fondament van ons program - ons moedig leerders aan om 'n persoonlike gebedlewe te ontwikkel.

Integriteit

Ons vorm leerders wat met eerlikheid en integriteit leef, volgens Bybelse beginsels.

🌟

Diens

Ons inspireer leerders om nederig te dien en 'n verskil te maak in ander se lewens.