Die bou van die spoorlyn tussen Kaapstad en Kimberley, vroeg in die 19de eeu, het tot gevolg gehad dat opvoedkundige fasiliteite op De Aar ontstaan het.
In 1920 het die Departement van Onderwys hierdie opvoedkundige instansie oorgeneem en in 1924 het Hoërskool De Aar begin funksioneer as ’n hoërskool. In 1963 is die huidige gebou betrek en in 1992 het die skool ’n staats-ondersteunde skool geword. Tans is dit ‘n staatskool.
Vandag is HSDA 'n dinamiese, veeltalige skool wat trots is op sy diverse gemeenskap en die geleenthede wat dit aan elke leerder bied om te groei en uit te blink.