A-Gemiddeld Kandidate
We are especially proud of Jean-Mari Lombard and Daniellen Abbot who are both first in the Northern Cape for respectively English Home Language and Afrikaans Huistaal. De Aar High School realised that Language is a huge barrier for many learners and hence the school focusses on sound language learning and teaching, from grade 8 – 12. Daniellen se raad aan die graad 12-klas van 2026 is: “Hierdie is jou geleentheid om voetspore te los. Gee jou beste, hê selfvertroue en mik hoog!” Nelson Mandela’s words encouraged him: “It always seems impossible until it is done!” Jean-Mari, met haar eerste plek vir Engels in die Noord-Kaap, meld dat sy gefokus het op die leerwerk van Tale, veral die voorgeskrewe werk en gedigte.” She walked the extra mile and exposed herself to the content as often and wide as possible. Learners often have the misconception you cannot study for Languages. Read additional sources, visit websites and familiarise yourself with the content. It will bear fruit, according to Jean-Mari. Farren Duthie het ‘n gemiddeld van 86% en ons is voorwaar trots op haar. Sy is genooi na die Noord- Kaap se toekenningsseremonie en staan vyftiende in die Noord-Kaap! Wat ‘n prestasie! Haar raad: “Moet nooit in kompetisie met ander probeer floreer, of jou self geringskat nie! Sit die Here eerste en gee jou hele alles om jou volle potensiaal te bereik…net dalk raak jy aan die randjie van ‘n wolkie wat jy gedog het onbereikbaar is!” Rico van Heerden is ook genooi na die Toekenningsseremonie en is algeheel tiende in die Noord-Kaap! Hy het ook ‘n gemiddeld van 86% behaal! Rico se advies is doodeenvoudig: “Werk Hard! Werk voluit agter toe deure - aande is reeds lank, maar leer nog ‘n ekstra 30 minute!” Verder noem hy, dat die jaar in ‘n oogwink verbyvlieg! Dus: “Koester elke oomblik en elke laaste”. Rico noem tereg, dat die Matriekklas van 2025 groot skoene agter gelaat het, wat die Matrieks van 2026 moet volstaan. Hy is vol geloof dat jul presies dit (en meer!) kan doen. Nicole Afrika is ons derde A-gemiddeld met 83%. Uitmuntend! (…in ag genome dat sy agt vakke gehad het en boonop, as hoofmeisie, baie ekstra verantwoordelikhede daarmee saam gehad het). Daniellen Abbot het ook ‘n gemiddeld A met 82%! Hy is genooi na die Noord-Kaap Toekenningsseremonie en het die eerste plek in die Noord-Kaap ontvang vir sy prestasie in Afrikaans Huistaal.