Sosiaal

Ons verhale, ons gemeenskap, ons trots

 Matrieks

🐝 HSDA hou eerste Spelling Bee 🐝

Hoërskool De Aar besef terdeë die uitdagings rondom spelvermoë van ‘n groeiende getal leerders. By Hoërskool De Aar is akkurate spelvermoë uiters belangrik, en dáárom die fokus daarop. We realise the power of words and we also celebrate bright young minds who have a love for learning and language. Therefore, we hosted our first local Spelling Bee. Woensdag 6 Mei, ten spyte van uiterste weeromstandighede het die Top 50-spellers van Hoërskool De Aar kom meeding, in beide Engels en Afrikaans. In die die ‘Junior-Kategorie’ was die wenner Tshiamo Mashishi en Christine Bester was die naaswenner. The runner up of the Senior Category was Mbuyiselo Madyo. In the ‘Senior Category’ (and our overall winner) was Celeste De Clerk who conquered as Spelling Champion of DAHS! We are truly proud of each contestant and hope this event will grow in the future.

▶️ Video

🦅 Hoërskool De Aar spog met ‘n suksesvolle opedag vir Graad 7’s 🦅

Hoërskool De Aar het op 7 Mei die graad 7’s by ‘n baie suksesvolle opedag/-aand verwelkom. Die Arend, tesame met die SR, het die graad 7’s en hul ouers onthaal. Die aand het afgeskop met die melodieuse klanke van die hoërskool se koor en is opgevolg deur die “Big Brag” van ons sportspanne, asook ‘n pragtige vlagseremonie en die HSDA Pom-Pom-dansers se plesierige dansvertoning. Inligting rakende die skool is met hulle gedeel en die huidige graad 8’s het ook hul eie ervarings van die skool gedeel. Die graad 7’s het daarna verdaag en is deur die SR na klasse vergesel. In die Verbruikerstudieklas het Juffrou Maske (met behulp van haar graad 12-leerders) gewys hoe mens met suiker werk en dit gebruik vir versierings op hul kolwyntjies. In die Lewenswetenskappeklas kon hulle na ‘n verskeidenheid organe kyk en selfs sien hoe longe opgeblaas word. In die Fisiese Wetenskappe-klas is eksperimente gedoen waar hulle meer geleer het oor lugdruk en ook hul vingerafdruk as merk by HS De Aar kon los. In die Rekenaartoepassingstegnologieklas het Juffrou Patterson, ‘n proefstudent, ‘n Kahoot-speletjie met hulle gespeel waar hulle meer oor die skool kon leer. Meneer Van Wyk het in die Landboutegnologieklas die kinders toegerus met kennis oor hoe om metaal te sny, buig en sweis. Terwyl die graad 7’s deur die skool getoer het, het die ouers en onderwysers ‘n heerlike koppie sop geniet en met mede-graad 7-ouers en HSDA-onderwysers gekuier. Ons by Hoërskool De Aar is baie opgewonde om al hierdie graad 7’s in ware Arende van HSDA te omskep!

 Matrieks

🎭 VAN BLADSY NA VERHOOG: Onderwêreld maak indruk op graad 12’s 🎭

Die Graad 12-Afrikaans Huistaal-leerders het Dinsdag, 28 April, ’n opvoedkundige uitstappie na Graaff-Reinet onderneem om die verhoogvertoning van hul voorgeskrewe roman, Onderwêreld, by te woon. Die vertoning het plaasgevind by Hoër Volkskool Graaff-Reinet en is aangebied deur André Stolz Produksies. Hierdie produksie word landswyd vir Graad 12-leerders aangebied en dit is reeds die vierde agtereenvolgende jaar dat ons skool hierdie geleentheid bywoon. Die groep het reeds vroegoggend om 05:00 vertrek. Ten spyte van die vroeë begin, was die leerders opgewonde en het die busrit bygedra tot ’n positiewe en gesellige atmosfeer. Die uitstappie self het nie net ’n akademiese doel gedien nie, maar het ook waardevolle sosiale interaksie en spanbou onder die leerders bevorder. Die verhoogvertoning van Onderwêreld was van uitstaande gehalte. Die produksie het die kern temas en konflik van die roman op ’n boeiende en toeganklike wyse uitgebeeld. Leerders het aangedui dat die visuele en dramatiese voorstelling hulle gehelp het om die teks beter te verstaan en om dieper insigte in die karakters en temas te verkry. Die professionele spel, kreatiewe gebruik van verhoogelemente en sterk regie het bygedra tot ’n besonder indrukwekkende ervaring. Terugvoer van die leerders was oorwegend positief. Hulle het die vertoning baie geniet en waardeer die geleentheid om hul voorgeskrewe werk op hierdie manier te beleef. Baie leerders het spesifiek genoem dat die ervaring hul begrip van die roman verdiep het, wat waarskynlik ook ’n positiewe invloed op hul akademiese prestasie sal hê. Ten slotte kan die uitstappie as ’n groot sukses beskou word. Dit het nie net akademiese waarde gebied nie, maar ook bygedra tot die algehele leerervaring en genot van die leerders. Die skool sien uit daarna om hierdie tradisie in die toekoms voort te sit.

▶️ Video

Kultuuraand vier vryheid en kultuur

Op 23 April het ons skool met groot trots ’n besondere Kultuuraand, in samewerking met die ATKV, ter viering van Vryheidsdag aangebied. Die aand was ’n kleurvolle en betekenisvolle geleentheid waar leerders hul kulturele erfenis met selfvertroue en entoesiasme kon uitbeeld. Die program het ’n verskeidenheid optredes ingesluit, waaronder Hoërskool De Aar se koor, sang, dans en toneelstukke wat die rykdom en diversiteit van ons land se kulture weerspieël het. Elke deelnemer het bygedra tot ’n atmosfeer van eenheid, respek en trots. Die Kultuuraand het nie net vermaak gebied nie, maar ook ’n belangrike boodskap van samehorigheid en vryheid oorgedra. Dit was ’n suksesvolle en inspirerende geleentheid wat beslis lank onthou sal word!

Freedom Day 2026

HSDA celebrated Freedom Day early (on Friday, 24 April) — by giving our learners the freedom to express who they are. 🇿🇦

Hoërskool De Aar het op Vrydag, 24 April 2026, Vryheidsdag op gepaste wyse gevier met ’n betekenisvolle oggendprogram wat die geskiedenis, waardes en toekoms van Suid-Afrika beklemtoon het. Leerders het die geleentheid gehad om die dag in tradisionele en kulturele drag by te woon, wat ’n kleurvolle en inklusiewe atmosfeer geskep het. Die verrigtinge het om 07:15 begin toe leerders by die byeenkomsarea saamgetrek het. Mnr. Evelyn Botha het die program geopen met skriflesing en gebed, waarna hy ’n inspirerende boodskap oor die betekenis van Vryheidsdag gelewer het. In sy toespraak het hy beklemtoon dat Vryheidsdag nie net ’n herdenking van die eerste demokratiese verkiesing in 1994 is nie, maar ook ’n herinnering aan die opofferinge en eenheid van miljoene Suid-Afrikaners wat vir ’n beter toekoms gestaan het. Hy het verder leerders aangemoedig om te besef dat vryheid nie slegs regte inhou nie, maar ook verantwoordelikhede. “Met hierdie regte kom verantwoordelikheid,” het hy gesê en leerders herinner aan hul plig om mekaar te respekteer, hul opvoeding ernstig op te neem en positiewe keuses te maak wat tot die samelewing bydra. Die program is verryk deur Patrick Kitengye, wat die aanhef van die Grondwet voorgelees het, gevolg deur die hys van die nasionale vlag deur Taylor van Tonder. Leerders het met trots die volkslied gesing, wat die gees van eenheid en nasiebou versterk het. Die viering het nie net die geskiedenis van Suid-Afrika geëer nie, maar ook leerders daaraan herinner dat hulle ’n belangrike rol speel in die bou van die land se toekoms. Soos Mnr. Botha dit gestel het: “Julle is nie net die toekoms van hierdie land nie, julle is deel van sy hede.” Hierdie betekenisvolle byeenkoms het die boodskap duidelik oorgedra dat Vryheidsdag nie net oor onthou gaan nie, maar ook oor die verantwoordelike gebruik van vryheid om ’n beter Suid-Afrika vir almal te bou.

▶️ Video

🎤 Impakspreker besoek Hoërskool De Aar 🎙

‘Hê mekaar lief!’ Dít was die essensie van Mari Bosman se boodskap aan die skoliere. Mari het ons laas week besoek met ’n sterk boodskap van liefde. Haar lewensreis het vereis dat sy vergewe, onvoorwaardelike liefde gee en altyd goedhartigheid uitstraal – en dit was ook haar boodskap aan die leerders. Almal wil liefhê en geliefd voel. Elkeen is duur gekoop teen ’n onbekostigbare prys. Sien ander volgens hul waarde. Hanteer mekaar met waarde. Ag mekaar. Beskerm mekaar. In haar eie woorde: “Maak mooi met mekaar!” Die wêreld gee dikwels ’n verwronge beeld van liefde – ’n Hollywood-beeld – maar dit is nie die werklikheid nie... Mag ons as HSDA-gemeenskap by ’n plek kom waar ons elkeen onsself kan liefhê, sodat ons ander kan liefhê. 🫶 “Antwoord met kindness,” sê Mari. “Love those who hate you.” Hou op skinder en jok. Werk mooi met mekaar. Respect people. Love people. Sy het ook kortliks gepraat oor onvergewensgesindheid: vergewe dié wat jy moet vergewe. Vergeld onvriendelikheid met vriendelikheid. Om te vergewe en vriendelik te wees, is om vry te wees. Sy het die leerders uitgedaag om volgens die volgende leuse te leef: “Kindness is the new cool!” Ons is opreg dankbaar vir die SBL van die skool wat sulke geleenthede moontlik maak. Talle leerders is verryk en geïnspireer!🙌

ATKV

#weesdieverskil

ATKV-tak Kro'bossie en ATKV-jeugtak Arende het hande gevat vir Paasfees.

Chess Please

♟️ Chess Please!♟️

Mnr. Hattingh het die AOC-eksamen van Chess South Africa suksesvol voltooi en is derhalwe bekroon met die titel Toernooi-toesighouer. In hierdie hoedanigheid is hy gemagtig om, ingevolge die regulasies van Chess SA, as hoofarbiter op te tree by distrik-, subdistrik-, kluster- en geslote klubtoernooie. Die vereistes vir die AOC-kwalifikasie in Suid-Afrika sluit ’n deeglike begrip van die skaakwette, sowel as die praktiese toepassing daarvan, in. ’n Slaagsyfer van 70–79% verleen die kandidaat die titel van Toernooi-toesighouer.

First Aid

🚑🩼 Baie geluk aan ons studentepersoneel! 🩹🤕

Ons is super trots op Mej. Maryke Kruger en Mej. Brandane Frazer wat hul 𝘓𝘦𝘷𝘦𝘭 3 𝘈𝘥𝘷𝘢𝘯𝘤𝘦𝘥 𝘍𝘪𝘳𝘴𝘵 𝘈𝘪𝘥 𝘵𝘳𝘢𝘪𝘯𝘪𝘯𝘨 by 𝘊𝘰𝘯𝘧𝘪𝘥𝘰 𝘛𝘳𝘢𝘪𝘯𝘪𝘯𝘨 𝘊𝘦𝘯𝘵𝘦𝘳 suksesvol voltooi het. This intensive course focused on real-life emergencies and high-pressure situations – and they handled it with confidence and determination. 💪 Knapgedaan – julle maak ons trots! 👏

SAMO Wiskunde

🧮 Wiskunde Olimpiade 🧮

Op 12 Maart het sestien leerders van ons skool aan die eerste rondte van die SAMO Wiskunde Olimpiade deelgeneem. Twee leerders, Christiaan Raath en Joshua Sequeira, het daarin geslaag om na die tweede rondte deur te dring. Die kompetisie was baie straf, maar ons leerders het hul bes gedoen en hul skool met trots verteenwoordig. Rondte 2 vind op 14 Mei 2026 plaas. Baie sterkte aan hierdie twee leerders – ons hou vir julle duimvas!

Autoforce Sponsorship

’n Aand van trots en dankbaarheid

Hoërskool De Aar het onlangs ’n besonderse en betekenisvolle borgaand vir ons eerste rugbyspan aangebied — ’n geleentheid wat nie net oor nuwe spandrag gegaan het nie, maar oor hoop, samehorigheid en die bou van ’n trotse toekoms. Die aand het ’n hoogtepunt bereik met die amptelike oorhandiging van ons splinternuwe spandrag en wedstryddrag. Vir elke speler was dit meer as net klere; dit is ’n simbool van harde werk, toewyding en die eer om ons skool se naam op hul bors te dra. Wat hierdie aand werklik besonders gemaak het, was die onskatbare ondersteuning van ons hoofborg, Autoforce. Julle belegging in ons jong manne is nie net finansieel nie; dit is ’n belegging in drome, karakter en geleenthede. Julle glo in ons kinders, en dit maak ’n wêreld se verskil. Ons spelers het met trots en opgewondenheid hul nuwe drag aangetrek — ’n oomblik wat vir lank in hul harte sal bly. Dit was duidelik: hierdie span is gereed om nie net op die veld te presteer nie, maar ook om waardes van dissipline, respek en deursettingsvermoë uit te leef. Aan Autoforce: baie dankie vir u vertroue, u ondersteuning en u betrokkenheid. Julle help ons om nie net rugbyspelers te vorm nie, maar jong manne met visie en karakter. Ons sien uit na ’n seisoen vol trots, harde werk en oorwinnings saam — as een span, een skool, een familie.

Cultural Evening

Baie geluk aan Erin Merrington - sy is verkies as die Emthanjeni se Public Relations Officer.

 ATKV

🎭 HSDA se nuwe bestuur van die ATKV-jeugtak 🎭

Baie geluk aan hierdie HSDA-leerders wat deel vorm van die nuwe bestuur van ATKV-jeugtak Arende vir 2026! 🦅 Links (van voor na agter): MacKayla Kriel, Marli Spies, Damia Young, Adriano de Carvalho Regs (van voor na agter): Abijah Greyling, Llené Festus, Marco de Carvalho Ons is trots op julle!

Cultural Evening

HSDA verwelkom nuut verkose VRL-lede van 2026

Op 30 Januarie 2026 het Hoërskool De Aar se nuut verkose VRL (Verteenwoordigende Raad van Leerders) van 2026 opleiding ontvang. Leerders het dieper gedelf in die skool se waardes, hoe om ‘n goeie leier te wees en wat hulle rol en verantwoordelikhede vir die termyn van 2026 is. Gedurende hierdie opleidingsessie is daar vier ampsdraers verkies wat die voortou moet neem van die VRL vir 2026. Die volgende ampsdraers is verkies om leiding te gee vir die VRL van 2026: As voorsitter Taylor van Tonder, onder-voorsitter Ethan Britton. Sekretaresse Erin Merrington en onder-sekretaris Achumile Josi. Ons as HSDA is baie trots op hierdie nuwe leierskap van 2026.

Aurex

Aurex improves reading in DAHS

De Aar High school is super excited about our new literature material for 2026, also a sponsor from Aurex Constructors‼️ Thanks again and again. We appreciate your continuous efforts of investing in our learners. Aurex Constructors

Sports Day

Aurex sponsor for technological advancement in DAHS

De Aar High school is truly humbled and grateful when we express our heartfelt thanks to our amazing sponsors! 🌟 Your generous support has taken our school to the next level, equipping us with cutting-edge technology that will revolutionize the way we learn and grow. Aurex invested in whiteboard advancement for our Mathematics classroom and also in first class laptops!! 💻 Your investment in our learners is an investment in the future, and we're honored to have you on board this journey! 🚀 Enkosi, thank you! It's a small token of appreciation but a huge SHOUT OUT of sincere gratefulness!! 👏 Your kindness has shown us that when we come together, incredible things can happen. We're excited to see the impact this technology will have on our learners and look forward to sharing their successes with you! 🎉 May your generosity inspire others to make a difference, and may your support continue to shape the minds of tomorrow! 🌟 Thank you Aurex, Mike Grobler, Varuschka Ramphal and team!!! 🎊 #Gratitude #TechForGood #SponsorAppreciationAurex Constructors

Handre Fourie

Tennisspeler van Hoërskool De Aar presteer goed

Een van Hoërskool De Aar se belowende tennisspelers, Handré Fourie, het die afgelope naweek aan ’n Mini-Tennistoernooi in Bloemfontein deelgeneem waar hy die Noord-Kaap verteenwoordig het. Spelers van die Noord-Kaap, Vrystaat en Noordwes het aan die toernooi deelgeneem, en die kompetisie was besonders taai. Handré, het egter uitstekende tennis gespeel en sy staal gewys, onder andere teen die nommer 1 speler van die Vrystaat in hul ouderdomsgroep. Hy het uiteindelik agtste geëindig uit al die spelers wat aan die toernooi deelgeneem het — ’n puik prestasie op provinsiale vlak. Baie geluk, Handré - ons is trots op jou!

Cultural Evening

HSDA HOU ‘n WORSHIPAAND

Wat ‘n vrolike en inspirerende manier om die jaar toe te wy aan ons Hemelse Vader en saam te sing?! Die wie daar was het dit geniet en is betekenisvol geraak. Harte is geroer en bemoedig. Dewald het van sy eie liedere gesing, getuienis gedeel en ook alombekende treffers gesing, wat almal kon saamsing. Op versoek van die gehoor het ons die aand met, ‘n HSDA-gunsteling: Waymaker, afgesluit! Ons is dankbaar vir anonieme CSV-donateurs, wat sulke geleenthede moontlik maak. Die CSV het ‘n aktiewe rol in HSDA. Ons voed liggaam, siel en gees en is dankbaar vir die voorreg om die tieners op vele maniere te kan ondersteun. Ons versprei onder andere koshappies, skoolklere, skryfbehoeftes en toiletware, waar nodig. Ons is dankbaar om ruim harte en hande te hê wie ons ondersteun skyfies tot appels, van skoolklere skenkings tot skryfbehoefte pakkies en toebroodjies. Opregte dank aan u elk!

Mulilo COntainer

Positive vibes for DAHS thanks to Mulilo

Mulilo De Aar Solar Community Trust sponsored a container, for storage space to De Aar High School. Since the school is currently expanding, every possible space is utilized and occupied for classrooms. We are grateful for Mulilo De Aar Solar Community Trust who provided a container for storage. The UCSA of DAHS, then realized the opportunity to send out a strong positive message through graffiti and art. Scholars had the opportunity to decorate the container with uplifting messages, like 'Be Kind' , 'You matter' , 'Aim high' and other encouraging quotes and visuals. The up and coming artists of De Aar High school grabbed this opportunity and turned the container into a vibrant colorful art piece!! May the message speak into hearts as they daily pass this wall of art and may many souls be uplifted by a word in season. A sincere word of thanks to our anonymous sponsors for the UCSA projects. Due to your contribution, we could brighten our school and the troubled hearts, with a positive vibe. We are grateful for investments like these! Together we make a difference; rand by rand, learner by learner, day by day, and positive word by positive word!!

Mulilo COntainer

Mulilo De Aar Solar Community Trust invests in De Aar High school ITC

We are deeply grateful for the generous sponsorship from Mulilo for our computer box initiative. Your support will make a significant impact on our learners' computer literacy. Thank you for your trust in our school and your investment in our cause. Together we are building the youth and investing in technology advancement. De Aar High school in collaboration with Mulilo - Aim higher, day by day!

Mulilo COntainer

Mulilo Sponsorship secures De Aar High School

De Aar High School is most grateful for the continued positive support of Mulilo De Aar Solar Community Trust. Without their huge sponsorship to our school, we would have many more challenges coming our way. Recently, Mulilo De Aar have contributed largely to the securing of our premises. One of our main areas of concern was to safe guard and protect our premises. It is an immense challenge to maintain our highly functional premises, which we invest in greatly, when careless vandalists (often drug addicts), simply wreck our expensive valuables. Vandalism in our town is currently rising and we have experienced vandalism, at severe expenses weekend after weekend, numerous times. Our security cameras, our spot lights, our taps, water pipes and borehole etc, all is in need of protection. No security guard can be everywhere at once on such a large premises and thus we resorted to a beam system coupled with our already excisting camera system, to be monitored by a local alarm response unit. We are grateful for the continued support and outstanding services of Astron Alarm Systems, under the Management of Jaco Kleynhans. However, security is a huge expense, but most essential according to us, in order not to lose everything dear to us. Mulilo, realised our dire need and provided funding to secure our premises. In partnership with Astron, and two vigilant guards, we are now a little more at peace and we are most grateful. Continue your good work Mulilo De Aar Solar Community Trust!! We are honoured to partner with you! A special word of thanks for Bernadine Fredericks for her continuous support in this project. Photo: Bernadine Fredericks from Mulilo, Jaco Kleynhans from Astron Alarms and Mr Johan Koen principal of De Aar High School. Together we make a difference

Library Books

ROSEPARK SPAR ONDERSTEUN WISKUNDE-INISIATIEF

Ons is opreg dankbaar vir die ruim skenking van SPAR om Flip file-handboeke saam te stel vir addisionele Wiskunde klasse. Landswyd is Wiskunde ‘n groot problem. HSDA loop die ekstra myl deur addisionele Wiskundehulp en ondersteuning te bied. Ons is dus opreg dankbaar dat SPAR ons hande vat en ‘n bydrae gemaak het. Ons glo die Wiskunde gaan hierdie jaar van krag tot krag gaan en die land se jongste Wiskundiges oplewer.

Johnny Louw

✨ Impakspreker besoek HSDA ✨

Hoërskool De Aar was bevoorreg om evangelis en motiveringspreker Johnny Louw te verwelkom. Hy het leerders, sportspanne en ouers bemoedig met ’n kragtige boodskap oor keuses, waarheid, liefde en karakter. Sy kernboodskap: Lewe is vol druk – maar as jy met die regte waardes gevul is, kan jy staande bly. Dankie aan die CSV, SBL en borge wat hierdie geleentheid moontlik gemaak het. 💛