Akademies

Top 10 per Graad 2025

Top 10 Graad 8

Graad 8

Elsa Matekwe, Avery Garoheb 2de 85.22%, Chenille Boks 1ste 85.56%, Roland-Junior Hugo 3de 84.44%, Archange Kitengye Agter: Chris-Mari Deyzel, Ciara-Lee Solomons, R.W. Liebenberg, Shani Beets, Abenathi Noyana

Top 10 Graad 9

Graad 9

Damia Young, Imke Visagie 2de 83.89%, Jean-Jacques Oosthuizen 1ste 84.78%, Abijah Greyling 3de 82.89%, Moipone Matebesi Agter: Ryann Boucher, Atlegang Moroke, Kozangawe Kampi, Marli Spies, Tshiamo Mashisi

Top 10 Graad 10

Graad 10

Johandrรฉ Barkhuizen, Christene Bester 2de 77.29%, Alda Augustyn 1ste 79.14%, Cherise April 3de 76.71%, Zimbonge Adonisi Agter: Caylah Bout, Asandiswa Malawana, Michyela Oelofsen, Kaone Motsatsi, Lydia Lere

Top 10 Graad 11

Graad 11

Joshua Sequeira, Christiaan Raath 1ste 93%, Marco de Carvalho 1ste 93%, Adriano de Carvalho 2de 90.14%, Llenรฉ Festus 3de 82.70% Agter: Keamogetswe Nyokong, Celeste de Clerk, Lumieke Fourie, Siphosethu Ralawe, Ntivo Shipalane

Top 10 Graad 12

Graad 12

Darrian Brown, Anri du Preez 2de 92%, Patrick Kitengye 1ste 94.57%, Unathi Nkhabi 3de 85.43%, Luniko Qondani, Agter: Linothando Dayiman, JP van der Westhuizen, Mbuyiselo Jnr Madyo, Ilan Kleynhans, Lilitha Qayi

Akademiese Prestasies

WOW

๐Ÿ† WOW-DISTRIKSKOMPETISIE ๐Ÿ†

Op 29 Augustus 2026 het leerders van Hoรซrskool De Aar met trots aan die WOW-Distrikskompetisie, wat in Prieska aangebied is, deelgeneem. Ons is ongelooflik trots op al ons leerders wat deelgeneem het. Julle harde werk, voorbereiding en deursettingsvermoรซ het beslis vrugte afgewerp! ๐Ÿ‘ Baie geluk aan ons wenners en presteerders: ๐Ÿฅˆ Elsa Matekwe โ€“ Graad 8 Engels: tweede plek ๐Ÿฅ‰ Imbo Matomane โ€“ Graad 8 Engels: derde plek ๐Ÿฅˆ Kenya Clarke โ€“ Graad 10 Afrikaans: tweede plek Ons is besonder trots daarop dat al drie hierdie leerders deurgedring het na die Provinsiale WOW-kompetisie, wat in Upington sal plaasvind. ๐ŸŽ‰๐Ÿ† Baie geluk, Elsa, Imbo en Kenya! Ons wens julle alle sterkte toe vir die volgende ronde! ๐Ÿ’™๐Ÿ’š๐Ÿค

Best Progressed

WOW Spelling Competition โ€“ Circuit Level

On 7 August 2026, our learners proudly represented De Aar High School at the WOW Spelling Circuit Competition, held at St Johnโ€™s Primary School. We are incredibly proud of all our learners who participated and demonstrated their spelling skills, confidence, preparation and determination. Their hard work truly paid off, with 15 learners earning medals and qualifying to represent our school at the upcoming District Competition! A special congratulations to our outstanding performers:
Grade 8 Afrikaans
๐Ÿฅˆ Jay-Ess Booysen โ€“ 2nd place
๐Ÿฅ‰ Yannick Maclean โ€“ 3rd place
Grade 8 English
๐Ÿฅ‡ Elsa Matekwe โ€“ 1st place
๐Ÿ… Imbo Matomane โ€“ 4th place
๐Ÿ… Lihlumile Biko โ€“ 5th place
Grade 9 Afrikaans
๐Ÿฅ‡ Imke Visagie โ€“ 1st place
๐Ÿฅ‰ Danรฉ Smit โ€“ 3rd place
๐Ÿ… Caelyn Ngudle โ€“ 5th place
Grade 9 English
๐Ÿฅˆ Kozangawe Kampi โ€“ 2nd place
๐Ÿฅ‰ Tlolisang Morai โ€“ 3rd place
๐Ÿ… Tshiamo Mashishi โ€“ 5th place
Grade 10 Afrikaans
๐Ÿฅ‡ Kenya Clarke โ€“ 1st place
๐Ÿฅˆ Cashme-Ann Hendricks โ€“ 2nd place
๐Ÿ… Shanen Koen โ€“ 4th place
To all our WOW participants, well done! Your courage to participate, your commitment to preparation and your willingness to represent our school make us extremely proud. We wish our learners all the very best as they progress to the District Competition. May you continue to spell your way to success! De Aar High School โ€“ Striving for excellence, one word at a time!

Best Progressed

๐ŸŽ– 'n Nuwe tradisie van erkenning! ๐ŸŽ–

Die Seniorraad van 2026 is trots om 'n nuwe inisiatief bekend te stel wat akademiese groei en deursettingsvermoรซ vier.
Vanaf vanjaar sal een leerder per graad nรก die Junie-eksamen en November-eksamen met 'n balkie vir Beste Akademiese Verbetering vereer word.
Hierdie toekenning is nie noodwendig vir die leerder met die hoogste punte nie, maar vir die leerder wat die grootste akademiese verbetering toon. Dit is 'n erkenning van harde werk, toewyding, volharding en die bereidwilligheid om aan te hou groei.
Ons glo dat elke leerder die potensiaal het om te verbeter, en met hierdie inisiatief wil ons elkeen aanmoedig om hul beste te gee en nooit op te hou streef na sukses nie.
Diรฉ groep leerders vir die Junie-eksamen is soos volg:
Graad 8 โ€“ Gaylen Isaacs โ€“ 11.11%
Graad 9 โ€“ Swazi April โ€“ 4.45%
Graad 10 โ€“ Sisa Cofa โ€“ 3.86%
Graad 11 โ€“ Lumieke Fourie โ€“ 4%
Graad 12 โ€“ Kelly Oliphant โ€“ 10.26%

Accounting

๐Ÿงพ HSDA maak steeds geskiedenis! ๐Ÿงพ

๐˜”๐˜ฐ๐˜ด๐˜ต ๐˜ญ๐˜ฆ๐˜ข๐˜ณ๐˜ฏ๐˜ฆ๐˜ณ๐˜ด ๐˜ง๐˜ณ๐˜ฐ๐˜ฎ ๐˜ข๐˜ฏ๐˜บ ๐˜ด๐˜ค๐˜ฉ๐˜ฐ๐˜ฐ๐˜ญ ๐˜ช๐˜ฏ ๐˜ต๐˜ฉ๐˜ฆ ๐˜•๐˜ฐ๐˜ณ๐˜ต๐˜ฉ๐˜ฆ๐˜ณ๐˜ฏ ๐˜Š๐˜ข๐˜ฑ๐˜ฆ ๐˜ต๐˜ฉ๐˜ณ๐˜ฐ๐˜ถ๐˜จ๐˜ฉ ๐˜ต๐˜ฐ ๐˜ต๐˜ฉ๐˜ฆ ๐˜ง๐˜ช๐˜ฏ๐˜ข๐˜ญ ๐˜ณ๐˜ฐ๐˜ถ๐˜ฏ๐˜ฅ! During May 2026, the SAICA Accounting Olympiad Round 1 for Grade 12 Accounting took place in the Northern Cape. We are proud to announce that ๐™จ๐™š๐™ซ๐™š๐™ฃ learners from De Aar High School have been selected to advance to the final Round 2. Dit is die meeste leerders van enige skool in die Noord-Kaap wat na die finale rondte deurgedring het! Hierdie uitstekende prestasie is 'n bewys van ons leerders se harde werk, toewyding en akademiese uitnemendheid. Julle maak ons ongelooflik trots! Baie geluk aan elke deelnemer en baie sterkte met die finale rondte in Augustus! Ons glo julle sal HSDA met trots verteenwoordig.

Vakkeuse

Vakkeuse

Agtste Vakke

  • Die leerder moet โ€™n gemiddelde persentasie van minstens 75% handhaaf.
  • Die leerder mag nie benadeel word ten opsigte van klas-, toets- en projekwerk nie.
  • Die verantwoordelikheid berus by die leerder om enige agterstallige werk in te haal.
  • Geen aanpassings sal gemaak word aan klas-, toets- of eksamenroosters vir individue nie.
  • Indien โ€™n leerder nie na wense presteer nie, behou die Skoolhoof die reg voor om die voorreg van โ€™n ekstra vak te herroep.
  • Die leerder moet self reรซlings tref met die onderwyser vir ekstra klasse nรก skool, asook enige toepaslike fooie.
  • Indien die vak deur โ€™n eksterne onderwyser aangebied word, moet dit deur die Skoolhoof goedgekeur word.

Vakveranderings

Leerders word aangeraai om ingeligte besluite te neem om vakveranderings tot โ€™n minimum te beperk. Dit verg geweldige inspanning om โ€™n nuwe vak te begin.

Let wel: Die moontlikheid van vakveranderings word bepaal deur klasgrootte, roosterveranderlikes en die beskikbaarheid van onderwysers. Dit is dus nie โ€™n gegewe dat โ€™n vakverandering sal plaasvind nie. Finale toestemming berus by die Departement van Onderwys.

Die skool kan tydelike toestemming verleen, maar die Departement van Onderwys maak die finale beslissing, wat tot twee weke kan neem. Leerders en ouers/voogde neem dus kennis dat versoeke afgekeur kan word en dat die leerder moontlik na die oorspronklike vak moet terugkeer.

Wiskunde is โ€™n vereiste vak vir Fisiese Wetenskappe. Indien โ€™n leerder van Wiskunde na Wiskundige Geletterdheid verander, moet Fisiese Wetenskappe ook verander word.

Leerders wat ekstra vakke neem, moet bewus wees dat hulle gedurende eksamens moontlik twee vakke op een dag kan skryf.

Graad 10

โ€™n Leerder mag โ€™n maksimum van TWEE vakke in Graad 10 verander. Die afsnydatum sal in kwartaal een gekommunikeer word. Alle veranderings is onderhewig aan die goedkeuring van die Departement van Onderwys. โ€™n Skriftelike versoek, deur die ouers onderteken, moet aan die skool gerig word.

Graad 11

โ€™n Leerder mag โ€™n maksimum van TWEE vakke voor die laaste dag van kwartaal een verander. Alle veranderings is onderhewig aan goedkeuring deur die Departement van Onderwys en vereis โ€™n skriftelike versoek deur ouers onderteken.

Graad 12

Geen vakveranderings word in Graad 12 toegelaat nie. โ€™n Leerder mag aan die einde van Graad 11 slegs EEN vak verander. Dokumentasie moet voor 10 Desember by die skool ingehandig word.

Examination Rules

Bursaries