🎼 Hoërskool De Aar-koor lewer asemrowende optrede in Upington 🎼
Op 25 Augustus 2026 het Hoërskool De Aar se koorlede die langpad Upington toe aangedurf om aan Laerskool Upington se Kultuurfees deel te neem. Die koor het die gehoor behoorlik laat terugsit in hul stoele en aandagtig na hul pragtige liedere laat luister. Hul harde werk is beloon toe hulle ’n goue toekenning in die koorafdeling, met ’n gemiddeld van 85%, ontvang het. Dit is ’n uitstekende prestasie vir die koor ná ’n jaar van harde werk, toewyding en deursettingsvermoë. Baie geluk aan elke koorlid en almal wat tot hierdie besondere prestasie bygedra het!