Redenaars

Waar opinies, feite, en redenasies gelig word!

🎙 ATKV-redenaars semi-finaal 🎙

Baie geluk aan Marco de Carvalho met sy uitstekende prestasie by die ATKV-Redenaars semi-finaal! Marco het 'n indrukwekkende 6de plek in die Top 10 van die Noord-Kaap behaal in die afdeling Afrikaans Huistaal (Voorbereid). Met sy insiggewende en kreatiewe toespraak getiteld "Hoe proe jou pouse?" het Marco die beoordelaars beïndruk deur sy sterk redenaarsvaardighede, selfvertroue en oorspronklike benadering tot die onderwerp. Ons is ongelooflik trots op hierdie prestasie en op die wyse waarop Marco ons skool verteenwoordig het. Mag hierdie sukses die begin wees van nog vele hoogtepunte op sy redenaarsreis! Baie geluk, Marco - jou harde werk en toewyding het beslis vrugte afgewerp. 🦅

📣 Redenaars praat hul pad na die semi-finaal 📣

Vier van Hoërskool De Aar se redenaars het op 17 April aan die eerste rondte van die ATKV se redenaarskompetisie deelgeneem. Van die vier deelnemers het Marco en Adriano de Carvalho deurgedring na die semi-finaal. Hier gaan hulle kragte meet met die heel beste redenaars in die Noord-Kaap. Baie geluk aan hierdie talentvolle sprekers wat die skool met trots verteenwoordig het deur hul selfvertroue, voorbereiding en puik redenaarsvaardighede. Die semi-finaal vind op 22 Mei in Upington plaas. Ons wens hulle alle sterkte toe vir die volgende rondte en is trots op hul prestasie.

Junior Provincial Commissioner Project – Public Speaking Competition

Two of our learners, Sibahle Kuku and Zimbonge Adonisi, proudly represented De Aar High School at the Junior Provincial Commissioner (JPC) Project – Public Speaking Competition, competing against learners from various schools across the Pixley ka Seme District. Both learners represented the school with dedication and confidence, delivering speeches aligned with the prescribed topic on Gender-Based Violence and Femicide. We are excited to announce that Zimbonge Adonisi was selected as one of the top four learners and has progressed to the District Public Speaking Competition, which will take place on 24 February in De Aar. Zimbonge achieved an impressive 308 out of 500 points on the official public speaking score sheet. We commend both learners for their confidence, dedication and commitment, and we wish Zimbonge the very best in the next round! Well done to our learners for flying the De Aar High School flag high!