♟️ Skaak ♟️
Die Noord-Kaap-skaakproewe het van 21 tot 22 Augustus 2026 by Laerskool Kathu plaasgevind. Hoërskool De Aar se leerders het uitstekend gevaar. In die o.16-ope-afdeling het Tlotlisang Morai silwer behaal, Chad Rusford brons, Archange Kitengye agtste en David Claassen elfde geëindig. In die meisies o.16-afdeling het Caelyn Ngudle tiende en Swazi April elfde geplaas, terwyl Cherise April in die meisies o.18-afdeling ’n vyfde plek behaal het. ’n Amptelike prysuitdeling sal later vanjaar plaasvind om pryse en medaljes te oorhandig.