Atletiek by HSDA

Atletiek

Spoed • Krag • Uithouvermoë

Bestuur & Afrigters

Spoortorganiseerder: Mnr Vaughn Botha

Atletiekhoof: Juf J Nel

Afrigters

  • Juf M Kruger
  • Mnr D Smit
  • Juf J Barnard
  • Mnr J van Heerden
  • Juf J Nel
  • Juf B Frazer

Oefentye

Maandag: 16:00 - 17:00

Dinsdag: 16:00 - 17:00

Woensdag: 16:00 - 17:00

Belangrike Datums

Noord-Kaap Kampioenskappe – 12 Maart 2026

Trofeë & Kampioene & Byeenkomstes

Beker wenners

🏃‍♂️ Noord-Kaap Atletiekbyeenkoms 🏃‍♂️

Die afgelope naweek het die Noord-Kaap Atletiekbyeenkoms in Kimberley plaasgevind. Die beste atlete van regoor die provinsie het daar teen mekaar meegeding. Jay-Ess Booysen het ook aan die byeenkoms deelgeneem en goeie deursettingsvermoë getoon. Hy het ’n bronsmedalje in die 800m verower na ’n sterk wedloop teen sterk kompetisie. 🥉 Ongelukkig het hy tydens die 400m-wedloop ’n besering opgedoen en kon hy die wedloop nie voltooi nie. Ten spyte hiervan bly sy prestasie in die 800m ’n groot hoogtepunt! HSDA wens hom ’n spoedige herstel toe.

Beker wenners

PIXLEY KA SEME DISTRICT ATHLETICS CHAMPIONSHIPS

On 21 February 2026, the Pixley Ka Seme Education District Office hosted the District Athletics Championships at Prieska Combined School. 52 schools, 1133 athletes, and 95 officials made this the biggest event in years. The arena was packed with parents, educators, and learners — an electrifying celebration of school sport! Honored by the presence of District Director Mr. Silengile, PKS Executive Mayor Clr. Itumeleng, and Provincial Head of School Sport Mr. Job Smith, the day confirmed that School Sport is ALIVE and central to learner achievement. Pixley Ka Seme celebrated unity and love through sport!

Beker wenners

🎽 Pixley Atletiek - Prieska🏃‍♀️

Die afgelope naweek het 14 van ons skool se atlete aan die Pixley-atletiekbyeenkoms deelgeneem. Ten spyte van die hitte het ons atlete besonders goed gevaar. Ons atlete spog met ʼn totaal van 12 medaljes nl.:
4 goud 🥇
5 silwer🥈
3 brons 🥉
Ons sê baie geluk aan die volgende atlete wat medaljes gewen het:
Brons:
Hellen Kahugu – diskus en gewigstoot
Landon Oliphant – driesprong
Silwer:
Jay-Ess Booysen – 400 m en 800 m
Marnu Deyzel – diskus en gewigstoot
Abenathi Noyana – 100 m hekkies
Goud:
Sergio Eiman – 100 m hekkies
Abenathi Noyana – 300 m hekkies
Landon Oliphant – 110 m hekkies
Amir Govind – 110 m hekkies
Baie geluk aan elke atleet met julle besonderse prestasies.

Beker wenners

Beker wenners van kleure-atletiek 2025

Ons sê baie geluk aan die volgende bekerwenners:
Beste dogter o.14-baanatleet: Waylene Plaatjies
Beste dogter o.14-veldatleet: Chris-Mari Deyzel
Beste seun o.14-baanatleet: Sergio Eiman
Beste seun o.14-veldatleet: RW Liebenberg
Beste dogter o.15-baanatleet: Gontlafentse Mbewe
Beste dogter o.15-veldatleet: Dané Smit
Beste seun o.15-veldatleet: José Maclean
Beste dogter o.16-baanatleet: Koané Motsatsi
Beste dogter o.16-veldatleet: Cherise April
Beste seun o.16-baan- en veldatleet: Jordan Hanns
Beste dogter o.17-baan- en veldatleet: Mivuyo Ngqabaza
Beste seun o.17-baanatleet: Sergio Louw
Beste seun o.17-veldatleet: Landon Oliphant
Beste dogter o.19-baanatleet: Hellen Kahugu
Beste dogter o.19-veldatleet: Liané Pretorius
Beste seun o.19-baan- en veldatleet: Amir Govind
Beste 100 m-atleet: Amir Govind
Victor Ludorum (Junior): RW Liebenberg,
Victrix Ludorum (Junior): Chris-Mari Deyzel,
Victor Ludorum (Senior):Amir Govind,
Victrix Ludorum (Senior): Hellen Kahugu

Beker wenners

🏃🏼‍♀️ Emthanjeni-atletiekbyeenkoms 🏃🏽

Die afgelope naweek het ons atlete deelgeneem aan die Emthanjeni-atletiekbyeenkoms waar slegs baanitems aangebied is. Ongelukkig was daar geen velditems nie maar dit het beslis nie ons span se gees of deursettingsvermoë gedemp nie! Ses van ons atlete het die skool met trots verteenwoordig en hulle het baie goed gevaar. Elke atleet het sy of haar beste op die baan gegee en ons is ongelooflik trots op hul harde werk, sportmangees en toewyding. Baie dankie aan elke atleet wat deelgeneem het en die skool se naam hoog gehou het. 🦅 Ons sien reeds uit na die volgende byeenkoms wat volgende naweek in Prieska aangebied word. Sterkte met die voorbereiding - ons weet julle gaan weer uitstekend presteer!